skip to Main Content

inniKloof

2
1

inniKloof, jou bosbestemming naby die beskawing, word bedryf deur John en Catherina Wait op die familieplaas, Honey Clough buite Hankey.

Daar is vier netjiese selfsorgeenhede wat slaapplek kan bied vir tot 28 gaste. Die huisies is ten volle toegerus en het elk twee slaapkamers. ‘n Onderdakbraai verseker dat jy jou vleisie sal gaar kry, selfs al reën dit!

Gaste wat graag kamp, het ‘n keuse:

Die groot kampterrein  het elektrisiteit en is toeganklik vir karavane en tente en alle voertuie. Daar is warm water in die ablusieblok.

Die boskamp is vir die avontuurlustige tentkamper. Daar is nie elektrisiteit nie, maar jy kan darem warm stort. Daar is net 3 staanplekke, maar hulle is só geplaas dat kampers heeltemal privaat is. Twee van die staanplekke het ook ‘n privaat swemplek in die rivier.

Ons is bevoorreg om in ‘n ongerepte stukkie van die Oos-Kaap te bly en ons gaste kan vrylik op die plaas beweeg en swem in die rivier. Twee staproetes is ‘n goeie manier om die kinders goed te laat slaap en die groot verskeidenheid voëls laat jou na jou kamera gryp.

Kontak ons gerus om self te kom kyk hoe dit lyk by inniKloof.

Webblad/Web Page: www.innikloof.com

Facebook: www.facebook.com/innikloof

Instagram: www.instagram.com/innikloof

Bergrivier

4
3

Bergrivier is ‘n pragtige plaas naby die N2 en slegs 7km vanaf Loerie.  Hier kan mens wegkom van die stad se rumoer en die stilte en natuur geniet.  Ons goed-toegeruste selfsorg huisies het elkeen ‘n asemrowende uitsig oor die heuwels en valleie. Elkeen is heeltemal privaat. Besoek gerus ons webblad www.bergrivier.com vir meer inligting.

 

Kontakbesonderhede en navrae: 

japiewms@bergrivier.com

Tel:      042 286 0694

Japie:  082 200 3350

Dorie: 083 230 6910

Back To Top