skip to Main Content

The Kouga Dam

Danksy die Kougadam wat in 1967 gebou is, word besproeiingswater aan die boere tot by Gamtoosmond voorsien.  Water vir huishoudelike gebruik word ook aan  Port Elizabeth voorsien.

Die Kougadam (voorheen bekend as die Paul Sauer-dam) is in die Kougarivier geleë net voor die saamvloeiing met die Grootrivier (om die Gamtoosrivier te vorm) waar die Gamtoosvallei  in die Oos-Kaap begin.  Die dam is in 1967 voltooi en het ‘n bakmaat van 128.49 miljoen m3 agter ‘n wal wat 365 m lank en 94 m hoog is.

2

The Loerie Dam

Die Loeriedam is net buite Loerie in die Loeriespruit geleë. Die wal is 18.29 meter hoog

en is 238 meter lank.  Die dam het ‘n bakmaat van nagenoeg 3 miljoen m³, ‘n oppervlakte van 0,52 km² en opvanggebied van 148 km².  Die dam kry ook die ongebruikte water uit die Gamtoosbesproeiingskanaal vanuit die Kougadam.  By die dam is ‘n filtreer- en pompstasie en water word aan Port Elizabeth voorsien.  Die Loeriedam word deur die Loeriedam Natuurreservaat omring.   

1
Back To Top