skip to Main Content

 ‘n Kykie in die lewe van Saartjie Baarman van die Gamtoosvallei:

3
4
5
6

Saartjie Baartman (1789–1815)  is as lid van ‘n Khoisan-familie naby die Gamtoosrivier in die Oos-Kaap,  in die destydse Nederlandse koloniale ryk,  gebore.  Sy was ‘n slavin en kon Nederlands vlot praat.

Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap se kenteken op Saartjie Baartman se graf in Hankey, Suid-Afrika.

Haar lewe het onherroeplik en baie hartseer verander toe die skeepsarts Alexander Dunlop haar oortuig het om saam met hom na Engeland te reis. Hier is sy op ‘n vernederende manier aan mense vertoon.

Saartjie was taamlik klein, met ‘n swart vel,  groot boude en groot geslagsdele.   Europeërs het haar liggaamsbou vreemd gevind en wou graag sien hoe sy lyk.

Sy is op die ouderdom van een-en-twintig na Londen en later na Parys (Frankryk) geneem waar sy in die openbaar en  in die sirkus ten toon gestel is. Sy sterf  op sewe- en twintigjarige ouderdom as gevolg van ‘n aansteeklike siekte, moontlik pokke, maar longontsteking is ook as ‘n moontlike oorsaak genoem.

Ná haar dood het die Franse gipsafbeeldings van Saartjie in ’n Paryse museum ten toon gestel.

Die oorskot van Saartjie is gedurende 2002 na Suid-Afrika teruggebring, waarna sy in haar oorspronklike geboortestreek in Hankey ter ruste gelê is.

Back To Top