skip to Main Content

Die klein  Oos-Kaapse dorpie Loerie in die Gamtoosvallei is naby die Baviaanskloof Natuurreservaat (wat as ‘n  Wêreld Erfenis Gebied verklaar is), geleë. 

Alhoewel Loerie baie bekend aan besoekers vanaf Port Elizabeth op pad na die Baviaanskloof geleë is, is die  dorpie  veral bekend vir die jaarlikse Nartjiefees wat gedurende  September gehou word. 

Die Gamtoosvallei staan  bekend as die groentemandjie van die Oos-Kaap.  Verskeie groentesoorte word dwarsdeur die jaar op groot skaal produseer en na die markte in die Oos-Kaap, asook die res van Suid-Afrika gestuur.   

Baie groot hoeveelhede sitrusvrugte – veral vir die uitvoermark – word hier verbou. 

‘n Groot aantrekkingskrag by die fees is die groot hoeveelhede sitrusvrugte (veral nartjies) en groente wat by die fees verkoop word.  Benewens die ander plaasprodukte-  en eetstalletjies is die kunsmarkstalletjies welbekend en gewild onder feesgangers. 

Bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars tree die  dag by die fees op en bied die beste van Suid-Afrikaanse musiek aan die feesgangers. 

Food-Stalls
Fresh-Produce
Live-Music
Jumping-castle
Nartjie-eating-competition
Burger

Fun-filled Activities include:

  • Jumping castles
  • Arts and crafts
  • Nartjie-eating contest

 

Te Koop:

  • Plaasvars groente
  • Nartjies
  • Etes: Nuwe spyskaart!!!

 

Entertainment for the day includes live performances by local artists.

The festival is a celebration of the fertile soil of the Baviaanskloof!

Back To Top