skip to Main Content

Loerie se buurdorp Hankey spog met die grootste sonwyser in Suid-Afrika. 

Vir die skrywer A.P. Herbert was dit ‘n droom om ‘n groot sonwyser te bou.  Hy  het in sy boek “Sundials Old and New”, die aanwysings vir die bou van so ‘n groot sonwyser gegee, maar kon dit as gevolg van ‘n gebrek aan ruimte nie doen nie. 

Dirk Schellingerhout, bekende inwoner van die dorp, het die sonwyser gedurende 1989 as deel van die dorp se honderd en sestigste verjaardagvieringe opgerig.  Hy het hierna aan die uitgewers van Herbert se boek geskryf en hulle gevra om hom in te lig dat sy droom bewaarheid is. 

Die sonwyser het ’n deursnee van 34,6 m, sy wyserpen staan 18 m hoog en weeg meer as ’n ton.   Dit is by die ingang van Hankey, aan die voete van Vergaderingskop, geleë

8
7
Back To Top