skip to Main Content

Flora of the Baviaanskloof and Gamtoos Valley

17
18
21
22

Die Kouga is ryk aan natuurlike plantegroei.  Tipiese plantegroei teen die hange is aalwyne, spekbome en noorsbome waar dit dig en ondeurdringbaar is.   Digte doringbome, geelhout, olienhout, nieshout en wildevy groei op die gelyktes en in die lope van takriviertjies.  Assegaaihout, kershout, keurboom, rooiels, stinkhout, witels en ysterhout is ander boomsoorte  wat hier voorkom.

Fynbos kom op die hoogste dele voor.  Sekere soorte proteas groei ook hier terwyl geelbos, steekbos, bloubos en tolbos teen die laer berghange voorkom. 

Back To Top