skip to Main Content

Fauna of the Baviaanskloof and Gamtoos Valley

15
13
14
16

Die Gamtoosvallei is ryk aan pragtige dierelewe.  Spesies soos elande, rooi hartebees, buffels en die Kaapse Bergkwagga wat as gevolg van landboubedrywighede verminder het, word nou na die vallei teruggebring.  Bobbejane en ape is volop.  Koedoes, bosbokke, duikers, rooiribbokke, steenbokke, vaal ribbokke, klipspringers en die Kaapse grysbokkies kom orals voor.

Roofdiere soos rooikkatte en luiperds kom in die vallei voor. 

Otters, bosvarke en aardvarke word ook aangetref alhoewel hulle min gesien word.  Ystervarke is volop.  Verskeie skilpadspesies is ook hier te sien. 

Vier en twintig slangsoorte kom hier voor, waarvan die  geelslang, pofadder, boomslang en skaapsteker die bekendste is.  

Verskeie inheemse vissoorte kom in die riviere wat deur die vallei vloei, voor.

Die Gamtoosvallei is ‘n paradys vir voëlkykers en ongeveer driehonderd spesies (bv. visarende,  reiers, die Knysna Loerie, houtkappers, bontrokkies, vinke, mossies, korhane, suikerbekkies, baardvoëls, blouvalkies, witkruisarende, die berghaan, Kaapse fisant, tarentaal en  nonnetjie-uil, ) is reeds gesien en aangeteken. 

Back To Top